Carnuntum



Carnuntum

Hoofstad van Pannonië
(Pannonia superior)



Stigting
6 n.C.: Militêre winterkamp van Tiberius naby 'n Keltiese nedersetting

15 n.C.: Permanente militêre voorpos


Bevolking
Omstreeks 50 000


Ligging in Noordwes-Pannonië


Ondergang
350: Verwoestende aardbewing (sien foto hieronder van beskadigde oostelike pad in die huidige wandeltuin)

433: Pannonia deur Romeinse troepe ontruim en deur Hunne verower


Argeologiese park
Archäologischer Park Carnuntum

Romeinse ruiters tydens die Ruiterfees in Carnuntum

Carnuntum, die hoofstad van die Romeinse provinsie (Opper-) Pannonië (Pannonia Superior), was sowat 40 kilometer oos van Wene aan die suidoewer van die Donau geleë. Die stad het by die plek ontstaan waar die Barnsteenroete in die antieke tydperk die Donau gekruis en met die hawestad Aquileia aan die Adriatiese See verbind het.[1] Die oorblyfsels van die antieke stad maak tans deel uit van die Neder-Oostenrykse munisipaliteite Petronell-Carnuntum en Bad Deutsch-Altenburg.

  1. (de) Verein zur Erhaltung der römischen Bernsteinstraße: Von Aquileia nach Carnuntum. Besoek op 12 Augustus 2018

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search